Brand vernietig gesin op Ermelo se slaapkamers en badkamers

Die gesin benodig tans beddegoed, seunsklere (6 tot 7 jaar), dogtersklere (7 tot 8 jaar), medium mansklere en “large” vroueklere, speelgoed en handdoeke.

‘n Brand het Saterdagoggend, 27 Oktober omstreeks 8.30vm ‘n gesin op Ermelo se slaapkamers en badkamers vernietig. Die oorsaak van die brand is onbekend.

Volgens mnr. Jaco Johnstone, brandweerhoof van Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste, is hulle nog besig met die ondersoek. Mnr. Adriaan Smuts het ligte brandwonde aan sy regterhand opgedoen.

“Ons as gesin is baie dankbaar dat niemand ernstig beseer is tydens die brand nie en dat die helfte van die huis behoue gebly het.” het me. Gerda Smuts gesê.

Die gesin benodig tans beddegoed, seunsklere (6 tot 7 jaar), dogtersklere (7 tot 8 jaar), medium mansklere en “large” vroueklere, speelgoed, handdoeke, linne, gordyne en skoonmaak goed.

Enige donasie kan by Simon Bekkerstraat 6 afgelaai word of by Hemelse Pêrels in Hubbardstraat 13 gedurende kantoor-ure.

“Ons is uiters dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning op alle vlakke. Die Ermelo-gemeenskap het harte van goud.” het me. Smuts gesê.

Lees ook:

https://highvelder.co.za/70620/brand-rig-verwoestig-aan-huis-op-ermelo/

Exit mobile version