Marietjie Beyer getuig by VLU-Millenium tak se maandvergadering

Sy het getuig van die belangrikheid van geloof in genesing en vertel hoe die Here haar deurgedra het.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Millenium-tak het Woensdag, 10 Oktober hul maandelikse vergadering by Ermelo Hoërskool se Landbou Akademie Saal geniet.

Me. Marietjie Beyer was die spreker tydens die geleentheid.

“Ouderdom is nie ’n faktor by kanker nie.” het sy gesê. Sy het alle vroue aangemoedig om gereeld ’n selfondersoek op die borste te doen en een maal per jaar ’n mammogram te laat doen.

Sy het getuig van die belangrikheid van geloof in genesing en vertel hoe die Here haar deurgedra het.

Me. Elize Boers was die gasvrou vir die geleentheid.

Me. Marietjie Beyer moedig alle vroue aan om gereeld mediese ondersoeke te laat doen en sy is van mening dat ouderdom nie ‘n faktor is by kanker nie. (Foto verskaf)
Exit mobile version