Ligbron Akademie vir Tegnologie groet matrikulante op gepaste wyse

Aan die einde van elke leerder se Graad 12 jaar, word hulle liggies weer gedoof en word hulle met die lig van die lewe die buite wêreld ingestuur.

Dit was Dinsdagoggend, 9 Oktober, ’n emosionele saalopening vir die matrikulante van Ligbron Akademie vir Tegnologie, toe hulle die laaste saalopening bygewoon het.

Dié opening staan as die Kersdoof Seremonie bekend.

Ligbron het die besondere tradisie om elke gr. 8-leerder se liggie ná afloop van die Groentjieskonsert aan te steek, om hulle as ware Liggies te erken.

Aan die einde van gr. 12, word die liggies weer gedoof en word hulle met die lig van die lewe die buitewêreld ingestuur.

Die 2018 gr. 12-groep is op dié gepaste wyse gegroet.

By sommige leerders het die trane vrylik gevloei tydens die afskeid.

Die hoofseun en hoofdogter, Francois Greyvensteyn en Mandisa Motha, het weer elkeen ’n kers aangesteek voordat hulle die saal verlaat het, wat simboliseer dat elke gr. 12-leerder nou die lig verder sal uitdra.

Ligbron het elkeen van hulle seën vir die toekoms toegewens.

Die hoofleiers van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Francois Greyvensteyn en Mandisa Motha. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version