GeneralNews

Die Nasionale Oesskatingskommitee maak sy jongste en laaste oppervlakte- en produksieskatting vir somergewasse vir die 2018 produksie-seisoen bekend

Die geskatte oppervlakte onder mielies is 2.319 milj. hektar, waarvan 1.268 milj. hektar witmielies is en 1.051 milj. hektar onder geelmielies is.

Die Nasionale Oesskattings-komitee het in sy jongste en laaste oppervlakte- en produksieskatting vir somergewasse vir die 2018 produksie-seisoen, die kommersiële mielie-oes met sowat 276 100 ton verminder na 12.931 miljoen ton, teenoor die vorige skatting van 13.207 miljoen ton.

Die geskatte oppervlakte onder mielies is 2.319 miljoen hektaar, waarvan 1.268 miljoen hektaar witmielies is en 1.051 miljoen hektaar onder geelmielies is.

Die jongste en laaste oppervlakte- en produksieskatting vir somergewasse vir die 2018 produksie-seisoen is onlangs bekend gemaak. Die boere is reeds besig met voorbereidings vir die komende seisoen. (Foto: Lion du Plessis)

Die produksieskatting van sonneblomsaad is onveranderd op 858 605 ton. Die sojabone is ook onveranderd gelaat op 1.551 miljoen hektaar, terwyl die grondbone-oes verhoog is met 3.37 persent na 53 750 ton. In die geval van droëbone, is die skatting 69 360 ton, wat 3 750 ton meer is as dié van die vorige skatting, met sorghum wat ook aangepas is met 4 735 ton meer wat die skatting op 109 855 ton laat.

Die voorlopige oppervlakte wat onder mielies geplant is in die nie-kommersiële landbousektor, word geraam op 314 385 ha, wat ‘n afname van 14,13 persent toon, in vergelyking met die 366 650 hektaar van die vorige seisoen.

Die verwagte oes van dié sektor is 593 975 ton wat 18.74 persent minder is as die van die vorige seisoen.

Die jongste en laaste oppervlakte- en produksieskatting vir somergewasse vir die 2018 produksie-seisoen is onlangs bekend gemaak. Die boere is reeds besig met voorbereidings vir die komende seisoen. (Foto: Lion du Plessis)

Na die tweede produksieskatting van die wintergewasse vir die 2018 produksie-seisoen, is die verwagte kommersiële oesskatting vir koring 1.845 miljoen ton, wat 37 050 ton meer is as die vorige skatting.

Die produksieskatting vir somergewasse vir die 2018 produksie-seisoen in Ermelo, het die mielie-oes met sowat 73 300 ton verminder na 294 500 ton, teenoor die vorige jaar se oes van 367 800 ton, terwyl die oes vir Carolina met 4 000 ton gedaal het na 98 500 ton.

Die sojabon-oes het in die Ermelo-omgewing met 16 947 ton gestyg na 90 924 teenoor verlede jaar se oeste van 73 950 en in die Carolina-omgewing gedaal met 8 276 ton na 21 624 ton teenoor verlede jaar se oeste van 29 900 ton.

Die jongste en laaste oppervlakte- en produksieskatting vir somergewasse vir die 2018 produksie-seisoen is onlangs bekend gemaak. Die boere is reeds besig met voorbereidings vir die komende seisoen. (Foto: Lion du Plessis)

Inligting Verskaf

Related Articles

Back to top button