NewsSchools

Divan Lourens van Ermelo Hoërskool behaal ’n sesde plek in die senior Konyn-afdeling vir Mpumalanga

Divan Lourens het in die senior konyn-afdeling geskou.

Divan Lourens, ’n graad 12-leerder van Ermelo Hoërskool, het ’n algehele sesde plek in die senior konynafdeling behaal gedurende die Oktobervakansie waar hy die Erries verteenwoordig het as een van Mpumalanga se Jeugskouleerders.

Die toer het Saterdag, 29 September afgeskop met ’n busrit vanaf Johannesburg na George.

Sondagoggend het die leerders geregistreer en ’n laaste geleentheid gehad om hulle diere reg te kry voor die amptelike skou begin het.

Divan Lourens het in die senior konynafdeling geskou.

‘n Toets is op Maandag, 1 Oktober geskryf oor hulle kennis van hulle diere en vrae oor verskillende rasse, siektes, pelsgebruike en meer is gevra.

Die voorbereiding en was van die diere het Dinsdag, 2 Oktober plaasgevind waar elke leerder sy dier skoubaar kon maak sodat die skouman met ’n skoon dier die beoordelaars kon oortuig dat hy sy dier ken en weet hoe om hom netjies en skoon te hou.

Die laaste kans wat die leerders gekry het om punte bymekaar te maak, was met die skouman-ronde.

Hier is die leerders die kans gegun om die beoordelaar te beïndruk met hoe ’n dier hanteer is.

Inligting verskaf.

Related Articles

Back to top button