NewsSchools

Ermelo Hoërskool leerders presteer by die Con Spirito-kultuurfees

Die beoordelaars was dit eens dat die eerste Con Spiritofees wat by Ermelo Hoërskool plaasgevind het, ’n dawerende sukses was.

Ermelo Hoërskool het vanjaar vir die eerste keer die Con Spirito-kultuurfees aangebied en die Erries het goed presteer.

Verskeie leerders het deurgedring na die volgende ronde en die leerders word genooi na ’n gala-aand en prysuitdeling.

Die leerders is Daniel van der Merwe met 98 persent vir klavier, Jake Hoffeldt met 95 persent vir kitaar, Anke Kruger met 95 persent vir gedig, Liezl Roos met 90 persent vir kuns, Lianie Jansen van Vuuren met 90 persent vir ballet, Zara Büchling en Dané Thirion het elk 94 persent vir drama ontvang en Vandré Swart ook met 94 persent vir drama.

Die spanredenaars wat uit Vandré Swart, Hanné Swart, Zara Büchling en Tjaart Eloff bestaan het, het ’n tweede plek behaal by die eindstryd met ’n persentasie van 93 persent.

Die Erries se koor is aangewys as die wenkoor van die hoërskole.

Ermelo Hoërskool se leerders het besonder goed gevaar by die eerste Con Spirito-kunsfees wat by EHS aangebied is. Voor is Tjaart Eloff, Lusanti Brundyn, me. Gerda van Zyl, Elbeth Badenhorst en Vandré Swart. In die middel is Timon Brundyn, Lianie Janse van Vuuren, Hanné Swart en Daniel van der Merwe. Agter is Dané Thirion, Marni Prinsloo, Zara Büchling en Jake Hoffeldt. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button