MunicipalNews

Onwetting stortingsterreine op Ermelo laat inwoners moedeloos

Een van die inwoners het vertel dat hulle gereeld met hulle kinders en honde in die veld kom loop het, maar sedert die probleem opgeduik het kan hulle dit nie meer waag nie.

’n Groot toename van onwetting stortingsterreine laat inwoners van Ermelo moedeloos.

Die Hoëvelder is Woensdag, 25 September gekontak oor vullis wat in die veld afgelaai is.

“Dit is ’n skande dat die mense van die dorp geen respek het vir die inwoners van die omgewing nie. Hulle maak hulle probleem ons s’n,” het een van die inwoners gesê.

Tydens die Hoëvelder se besoek aan die onwettige stortingsterrein, is daar opgemerk dat daar oral hope tuinvullis in die gebied afgelaai is.

Een van die inwoners het vertel dat hulle gereeld met hulle kinders en honde in die veld kom loop het, maar sedert die probleem opgeduik het, kan hulle dit nie meer waag nie.

Hy het ook genoem dat die aflaai van rommel op ’n gereelde basis gebeur en dat die owerhede al in kennis gestel is daarvan.

Die onwettige stortingsterreine in en om Ermelo brei by die dag uit. Inwoners is van mening dat mense te lui is om van die vullisterrein gebruik te maak.

Die Hoëvelder het reeds in Junie berig oor onwettige stortingsterreine, waarin die munisipale woordvoerder, mnr. Mandla Zwane, genoem het dat die munisipaliteit se pogings slegs ’n sukses kan wees as die gemeenskap saamwerk.

Onwettige stortingsterreine besoedel nie net die omgewing nie, maar hou ook ernstige gesondheidsgevare vir die gemeenskap in.

“Ons doen ’n beroep op alle inwoners om die inisiatiewe te ondersteun deur vullis in die aangewese gebiede vir vullisversameling te plaas.” het mnr. Zwane tydens die vorige navrae geantwoord.

Mnr. Zwane het ook gewaarsku dat optrede teen inwoners ingestel sal word wat die munisipale verordeninge wat afvalstorting reguleer oortree.

“Artikel 22 van die munisipale verordening van vullis (vaste afval) verbied die onwettige storting van afval,” het hy bygevoeg.

Daar is ook navraag gedoen oor wie verantwoordelik is vir die opruim van die onwettige stortingsterreine, maar geen antwoord is teen druktyd ontvang nie.

Die onwettige stortingsterreine in en om Ermelo brei by die dag uit. Inwoners is van mening dat mense te lui is om van die vullisterrein gebruik te maak.
Die onwettige stortingsterreine in en om Ermelo brei by die dag uit. Inwoners is van mening dat mense te lui is om van die vullisterrein gebruik te maak.
Inwoners wat gereeld met hulle kinders en honde in die veld gestap het, vertel dat sedert die probleem opgeduik het, hulle dit nie meer waag nie. Die duidelike staproetes in die veld lê weggesteek onder die hope vullis.

Related Articles

Back to top button