Ermelo Tuinbouklub beplan ‘n spesiale tuindag

Me. Duvengage is baie bekwaam en het ’n opwinding in die tuinliefhebbers en die publiek aangewakker om weer eens belang te stel in die aanplant van groente en vrugte.

Ermelo Tuinbouklub bied in samewerking met Creative Creations-klub Donderdag, 27 September om 9vm ’n kursus aan met me. Arina Duvenhage as spreker oor die plant en versorging van bome met die klem op spesifieke bome wat op die Hoëveld geplant kan word wat vrugte dra.

Die bome wat bespreek gaan word, is die suurlemoen-, granaat-, okkerneut- en vyboom.

Me. Duvengage is baie bekwaam en het ’n opwinding onder tuinliefhebbers en die publiek aangewakker om weer eens belang te stel in die plant van groente en vrugte.

Die tuinbouklub het ’n inisiatief aangevoer om 1 000 bome in en om Ermelo te plant voor November. Die publiek is gevra om hande te neem en ook opnuut na bome te kyk.

Die projek se tema is plant vandag ’n boom vir môre.

September is boomplantmaand en die tuinbouklub moedig die publiek aan om stories in te stuur oor interessante bome in die omgewing.

Die kursus word in die Kruik van die Ermelo-Oos-kerk aangebied en me. Duvenhage sal ook van haar spesiale organiese produkte saambring.

Besprekings moet gedoen word en getalle is beperk.

Kaartjies vir die tuindag is te koop by Tuiskoop.

Vir meer inligting, skakel me. Elmarie Celliers by 079 690 0330.

Exit mobile version