Ses maande oue Keagan veg teen lewensgevaarlike breinvliesontsteking

Keagan is aanvanklik eers gediagnoseer met Brongitus, maar nadat sy ma nie lank na hulle dokters besoek opgemerk het dat haar seun se oë trek na mekaar en dat hy sleg svoor hom uitkyk, het sy besef datdaargroter fout is.

Me. Madie en mnr. Conrad Sonnekus se seun, Keagan (ses maande), is onlangs met bakteriese breinvliesontsteking gediagnoseer.

Me. Sonnekus het vertel dat hulle onseker is oor wanneer hy die infeksie opgedoen het.

Hy het verlede week verkoue-simptome begin toon en sy het vir hom medisyne gegee en die simptome het opgeklaar.

Keagan het verlede Woensdag reeds vir drie dae met hoë koors gesukkel.

Nadat me. Sonnekus Keagan se koors afgebring het, het sy opgemerk dat hy baie pap was en geen kleur in sy gesiggie gehad het nie, waarna sy en haar man besluit het om hom dokter toe te neem.

Keagan is eers met brongitus gediagnoseer, maar nadat sy ma nie lank na hul doktersbesoek opgemerk het dat haar seun se oë na mekaar trek en dat hy slegs voor hom kyk nie, het sy besef dat daar groot fout was.

“Ek het sy aandag probeer trek, maar dit was asof hy blind was en my glad nie gesien het nie. Ek het hom dadelik teruggeneem dokter toe,” het me. Sonnekus gesê.

Die dokter het toetse gedoen wat bevestig het dat Keagan breinvliesontsteking het en hy is dadelik in Ermelo provinsiale hospitaal in die intensiewe sorgeenheid opgeneem.

“Die dokters en susters hier kyk baie goed na hom en gaan uit hul pad uit om ons te help.”

Volgens me. Sonnekus is die vinnigste manier om te weet of jou kind breinvliesontsteking het, is om sy kop liggies na sy bors te druk en as die kind skree, is die kanse groot dat dit wel breinvliesontsteking is.

Keagan is tans op medikasie en daar is toetse gedoen om te bepaal of sy liggaan op die medikasie reageer.

Me. Sonnekus het gesê dat die bakteriese breinvliesontsteking waarmee Keagan gediagnoseer is, lewensgevaarlik kan wees.

“Ons hou ons oë en hoop gevestig op God en vertrou op Hom dat hy ons klein Keagan sal genees.”

Keagan het tans weer ’n goeie eetlus, maar kry steeds dae wat hy byna niks wil slaap nie en baie seer het.

Sy ma word daagliks deur sy ouma afgelos sodat sy by die huis kan gaan rus, waar haar twee oudste seuns is.

Die seuns mag nie skool toe gaan totdat hulle vir die siekte getoets is nie om te voorkom dat ander kinders dalk die virus kan kry.

Volgens me. Sonnekus beplan die departement van gesondheid om ook ’n besoek by haar huis af te lê om te verseker dat die virus nie in haar huis is nie.

“My oudste twee kinders neem dit baie erg op dat Keagan in die hospital is en is bang dat hul boetie gaan doodgaan.”

Haar grootste ondersteuning is haar familie en vriende wat haar bystaan en help waar nodig.

Sy bedank elkeen vir die boodskappe en oproepe van bemoediging.

“Die boodskappe en oproepe dra ons deur die moeilike tyd. Daar is so baie mense wat vir Keagan bid en wat saam met ons glo dat hy ten volle sal genees.”

Breinvliesontsteking is die ontstekening van die lagies weefsel wat om die brein en ruggraat voorkom en word veroorsaak deur ’n virus of bakterie.

Bakteriese breinvliesontsteking is lewensgevaarlik en kan van mens tot mens oorgedra word. Virale ontsteking is in die meeste gevalle minder gevaarlik en pasiënte kan gewoonlik ten volle genees.

Me. Sonnekus waarsku ouers om oor die ontsteking na te lees en te weet waarvoor om uit te kyk indien jou kind hoë koors het.

Exit mobile version