NewsSchools

Erries staan uit by ATKV Spelathon

Elandri Swart het die skool se hoogste plek behaal in die laasgenoemde afdeling met ’n vyfde plek uit die 23 deelnemers.

Ermelo Hoërskool het Woensdag, 29 Augustus aan die ATKV Spelathon se eindronde by Generaal Hertzog in Witbank deelgeneem.

Vandré Swart, Theané Arnoldi, Abigail Heyns, Hanjé Erasmus, André Strauss en Zara Büchling het aan die gr. 10- tot 12-huistaalafdeling deelgeneem. Uit 40 deelnemers behaal André Strauss ’n agtste plek en Zara ’n tweede plek.

Met dié prestasie word Zara in die nasionale span ingesluit wat vanaf 12 tot 13 Oktober in Stellenboch gaan deelneem.

In die gr. 10 tot 12 eerste addisionele taalAfdeling het Spho Mnisi en Antoinette Mthombeni goed gespel.

Die juniors in die huistaalafdeling was Kayla van der Meyden, Deidre van der Meyden, Frané Swart en Elandri Swart.

Elandri Swart het die skool se hoogste plek behaal in dié afdeling met ’n vyfde plek uit 23 deelnemers.

Related Articles

Back to top button