Kunsleerders van Ermelo Hoërskool neem vir die afgelope vier jaar aan die kunskompetisie wat deur die departement van onderwys aangebied word, deel.
Leerders neem jaarliks volgens ’n tema deel en vanjaar s’n was “boxed beautiful”.Hulle moes kunswerke skep deur ’n boks as medium te gebruik. Verskeie skole neem jaarliks deel en hul werk word deur ’n paneel van die departement beoordeel.
Die EHS-kunsleerders het die prysuitdeling en uitstalling van die werk Dinsdag, 21 Augustus by Mbombela Kunsgalery in Mbombela bygewoon.
Ses van EHS se leerders het onder die top 20 in Mpumalanga geëindig.
Die gr.11-leerders is Baruch Büchling en Anja Hobbs en die gr. 12-leerders is Vandré Swart, Liezl Roos, Sorita Holtshauzen en Leandri Stoltz.