NewsSchools

Errie-kunstenaars eindig onder die Top 20 in Mpumalanga

Elke jaar het ’n tema waarvolgens die leerders beoordeel word. Vanjaar se tema was “Boxed Beautiful” en leerders moes kunswerke skep deur ’n boks as medium te gebruik

Kunsleerders van Ermelo Hoërskool neem vir die afgelope vier jaar aan die kunskompetisie wat deur die departement van onderwys aangebied word, deel.

Leerders neem jaarliks volgens ’n tema deel en vanjaar s’n was “boxed beautiful”.Hulle moes kunswerke skep deur ’n boks as medium te gebruik. Verskeie skole neem jaarliks deel en hul werk word deur ’n paneel van die departement beoordeel.

Die EHS-kunsleerders het die prysuitdeling en uitstalling van die werk Dinsdag, 21 Augustus by Mbombela Kunsgalery in Mbombela bygewoon.

Ses van EHS se leerders het onder die top 20 in Mpumalanga geëindig.

Die gr.11-leerders is Baruch Büchling en Anja Hobbs en die gr. 12-leerders is Vandré Swart, Liezl Roos, Sorita Holtshauzen en Leandri Stoltz.

Die leerders van EHS wat onder die top 20 in Mpumalanga geëindig het. Voor is Anja Hobbs, Leandri Stoltz en Liezl Roos. Agter staan Vandré Swart, Sorita Holtahausen en Baruch Büchling. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button