GeneralNews

Vroue Landbou Unie (VLU) geniet 23ste Mpumalanga Kongres by Numbie Hotel in Hazyview

By die geleentheid is daar ook poppies gebrei vir Mense handel en tussen al ses streke is daar 6000 poppies gebrei

Die Vroue Landbou-unie (VLU) het vanjaar hul 23ste Mpumalanga-kongres op 15 en 16 Augustus by Numbie Hotel op Hazyview aangebied.

Al ses streke van Mpumalanga VLU het bymekaar gekom, waartydens lede erkenning vir hulle handewerk wat deur die jaar gemaak is, gekry het.

Tambuki-streek het vanjaar met die loure weggeloop en 2 969 verwerf.

Me. Suzette Joubert van Saligna-tak het ’n tweede plek in die beginnersvlak van die blomme-afdeling ontvang, me. Rika Wolmerans van Piet Retief-tak het ’n derde plek ontvang in die middelbaarvlak en me. Jacoba Bierman van Platrand ’n derde plek in die gevorderde vlak.

Me. Lenie Groenewalt het ’n derde plek in die brei-afdeling verwerf en me. Daleen Kooy het derder in die fotografie-afdeling geëindig.

In die hekelafdeling het me. Helena Joubert ’n derde plek ontvang, terwyl me. Marie Geyer derde in masjienwerk gekom het.

Me. Alna Kapp het ’n derde plek in skryfkuns verwerf.

Me. Liese Pieterse van Wakkerstroom het aan vyf afdelings deelgeneem en is ook aangewys as die lid met die meeste punte, met me. Helena Joubert van Piet Retief-tak in die tweede plek.

Me. Helena Joubert het ook aan die Clover-koekbakkompitisie deelgeneem en ’n derde plek behaal.

By die geleentheid is daar ook poppies gebrei vir mensehandel en tussen al ses streke is daar 6 000 poppies gebrei.

Related Articles

Back to top button