Local newsNews

Kathy maak ’n verskil in kinders se lewens

Die skool word tans van haar huis af bestuur wat te klein begin raak om meer kinders te akkomodeer

Me. Kathleen Kruger het in 2015 besef dat die Here van haar verwag om na Sy kinders om te sien en hulle te versorg.

“God het met my in ’n droom gepraat om na Sy kinders om te sien, maar tot einde 2017 het ek nie geweet wat daar van my verwag word nie.” het me. Kruger gesê.

Sy het vroeg vanjaar in kontak gekom met me. Nana Mahamotsa en me. Riana Buys, voorsitter en sekretaris van die Vrou in Besigheidgroep.

Sy het saam met die Vroue Landbou-unie (VLU) Tambuki-streek en die Vrou in Besigheidgroep besluit om die projek om ’n dagsorg en voorskool te begin.

Hulle woon in ’n landelike omgewing waar daar baie skooldogters is wat self kinders het.

Volgens haar het die nood om dié kinders wat ’n agterstand het omdat hulle nie die onderrig kry wat nodig is nie, haar grootste motivering gewees om die skooltjie op die been te bring.

Die Asidlale-groep het op ’n vergadering van die VLU ’n praatjie kom doen het oor die opleiding wat hulle vir landelike skole en gebiede aanbied het.

Me. Kruger hulle geskakel om ook vir hulle opleiding te kom gee. Die meerderheid onderwysers in vroeë kinderontwikkeling-sentrums het min of geen opleiding.

Dit is moontlik die grootste probleem dat die meeste leerders nie die vereiste basiese vaardighede in die vroeë kinderjare leer wat fundamenteel is om goed op skool te presteer nie en gevolglik swak presteer wanneer hulle die formele onderwysstelsel betree.

“Hulle het die plaaslike onderwysers opgelei en gewys hoe om al die leermateriaal ten volle te gebruik.”

Sy het verwys na die skool as haar baba en die manier waarop sy vertel van die skool is dit duidelik dat sy ’n groot liefde het vir die skool en sy kinders.

Dis is vir haar belangrik om te sien dat die skool verbeter om sodoende meer kinders in die omgewing te kan help.

Die skool word tans van haar huis af bestuur wat te klein begin raak om meer kinders te huisves.

Sy bied ook aan elke leerder maaltye wat hulle van donasies ontvang.

Hulle grootste uitdagings by die skool is om ’n groter perseel te kry waar sy meer kinders in die omgewing kan help en onderrig aan kan verskaf.

Daar is tans 30 kinders by die skool tussen die ouderdom van twee en vyf jaar, asook vyf babas tussen ses maande en twee jaar.

“Daar is baie kinders in die omgewing wat ook na die skool wil kom, maar met die spasie wat te klein raak, kan ons nie meer kinders invat nie.” het sy hartseer vertel.

Volgens me. Kruger kry die skool tans geen hulp van die regering nie, omdat dit hulle beleid is dat ’n skool eers ’n volle jaar reeds moet bestaan voordat daar gekyk kan word om bystand te verleen.

Die kinders in die omgewing leef in moeilik omstandighede en benodig wintersklere, omdat meeste van die ouers nie groot salarisse verdien nie en sommiges van hulle leef slegs op staatstoelae.

“Daar is so baie kinders wat hulp benodig in die omgewing en dit is onmoontlik om almal te help sonder ondersteuning van die gemeenskap.”

Sy vertel dat dit vir haar groot vreugde verskaf om die kinders se glimlagte en dankbaarheid te sien elke keer as hulle iets ontvang of iets nuut leer.

Haar droom vir die skool is om uit te brei om die bykans 100 kinders wat hulle tans nie kan help by die skool nie, te kan inbring en so ook ’n verskil in elkeen van hulle se lewens te kan maak.

Die skool benodig tans kos wat sy vir die kinders kan maak elke dag, speelgoed, klere, tafels, stoele asook matrasse waarop die kinders in die middae kan slaap.

Related Articles

Back to top button