NewsSchools

Rugby en Ruby 2018 Mnr. en Mej. Liggie saam met Getroud met Rugby akteurs

Die glasgeleentheid was ’n besondere geleentheid met twee van die Getroud met Rugby sepie sterre wat die aand bygewoon het

Altesaam 22 finaliste (11 dogters en 11 seuns) het vanjaar aan die Rugby en Ruby 2018 Mnr. en Mej. Liggie-kompetisie deelgeneem wat op Woensdagaand, 1 Augustus in die Ligbron-skoolsaal aangebied is.

Die glasgeleentheid was ’n besondere geleentheid met twee van die Getroud met Rugby se sepiesterre wat die aand bygewoon het. Werner Coetser, ook meer bekend as Blits Vermeulen en kaptein van die Stryders rugbyspan van Getroud met Rugby, het as die seremoniemeester opgetree, terwyl Marijke van der Westhuizen, of soos almal haar ken as Maryke Baltrami, het deel gevorm van die beoordeelaarspan.

Marijke van der Westhuizen het saam met Annemi Strydom (Brand Manager: Epimax), Somayya Omarjee (eienaar: Bhyats Mica) en Lee Langenhoven (oud-Liggie en voormalige mnr. SA finalis) as die beoordeelaars opgetree.

Die finaliste het in drie kategorieë deelgeneem, naamlik informele drag, borge-voorstelling en formele drag.

Tydens die borg-voorstelling het die finaliste ook elkeen die geleentheid gehad om die besigheid of instansie wat hulle geborg het, uit te beeld vir erkenning en bemarking.

Die volgende finaliste is vanjaar aangewys as die wenners: Bianca Francis en Janu Prinsloo is aangewys as Mnr en Mej Persoonlikheid, gevolg deur Simone Stapelberg en Alec Duncan wat aangewys is as Mnr en Mej Fotogenies. Marisca Stander is aangewys as die tweede prinses tesame met Jannes van Staden wat aangewys is as die tweede Prins.

Noxolo Magubane het die eerste prinsestitel verower saam met Alec Duncan as die eerste prins en Simone Stapelberg en Makabongwe Mathebula is gekroon as vanjaar se Mnr en Mej Liggie.

Vanjaar se organiseerders wil die volgende persone en instansies te bedank vir hulle betrokkenheid en borgskappe ten opsigte van die Mnr en Mej Liggie-kompetisie: Epimax, Getroud met Rugby, Mix & Match Materials, Bhyats Mica, Wildman Hunting and Outdoor, Voorspoed Slaghuis, Ouma Rooi, Steers by Pitstop, Romans Pizza, Spur, Studio 7, Blomme vir Almal, Ermelo Watch and Gift, Glam and Gloss Makeup, Nahua Highveld, Ma-Betts, Bo-Kamer Gastehuis en Ermelo Bedding and Lounge.

Related Articles

Back to top button