Local newsNews

Drakensberger-bul gaan vir R145 000 by OTVL Ram- en Bulveiling in Ermelo

Die afslaers vir die veiling was mnr. Paul Botha en mnr. Mike Killassy

Ermelo Vleissentraal het op 24 en 25 Julie ‘n Oos-Transvaalese ram- en bulveiling op die Ermelo-skouterrein aangebied.

Slegs telers wat vooraf gekeur is, het uitnodigings ontvang om hul diere op dié veiling te verkoop. Die diere word op die dag vir ‘n tweede keer gekeur voordat hulle die ring mag binnegaan.

Dit is juis streng maatreëls soos dié wat dié veiling jaarliks van krag tot krag laat gaan en vir kopers die geleentheid bied om op diere van die hoogste gehalte te kan bie.

Die afslaers vir die veiling was mnre. Paul Botha en Mike Killassy.

Hulle het die taak gehad om 217 bulle en 122 ramme vir die hoogste pryse te verkoop.

Slegs 12 bulle en 19 ramme het nie nuwe eienaars gekry nie.

Mnr. Wikus Cloete van Ermelo moes R145 000 uithaal vir die Drakensbergerbul wat die hoogste prys op die veiling behaal het wat deur mnr. Petrus Taljaard van Talmal Drakensberger van Ermelo te koop aangebied is.

Die ram wat die hoogste prys behaal het, is ‘n merino-veldram van mnr. Gert Smit van Vrede wat mnr. Niekie Davel van Hendrinan R38 000 uit die sak gejaag het.

Die Drakensbergerbul wat die hoogste prys op die veiling behaal het met ‘n prys van R145 000. Hier is me. Emmerencia Taljaard en mnre. Petrus Taljaard (verkoper) saam met Wikus Cloete (koper) en Henry Leonard (verkoopverteenwoordiger van Zoetis). (Foto verskaf)
Die ram wat die hoogste prys behaal het, is ‘n merino-veldram wat vir R38 000 verkoop is. Hier is mnre. Richard Haupt (tegniese verteenwoordiger van Lamprecht Voere), Theuns Botha (keurder), Gert Smit (verkoper), Johan Steyn (koper), Sakkie Pringle (Veldramklub se projekbestuurder) en Mathys Viljoen (keurder). (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button