Local newsNews

Wynand du Toit besoek Ermelo

Mnr. Wynand du Toit was Saterdag die gas van die Monte Sole Shell Hole op Ermelo. Hy was ’n Recce sedert 1982, is in Mei 1985 in Angola gevange geneem en in September 1987 vrygelaat. Mnr. Du Toit het besoekers meer oor Operasie KEG wat vanaf die see geloods is en waarby hy betrokke was, …

Mnr. Wynand du Toit was Saterdag die gas van die Monte Sole Shell Hole op Ermelo.

Hy was ’n Recce sedert 1982, is in Mei 1985 in Angola gevange geneem en in September 1987 vrygelaat.

Mnr. Du Toit het besoekers meer oor Operasie KEG wat vanaf die see geloods is en waarby hy betrokke was, vertel.

Hy het ook sy ses boeke wat die afgelope twee jaar die lig gesien het, voorgestel.

Mnr. Du Toit het gesê dat hy by ’n streng roetine gehou het en selfdissipline toegepas het om homself te help om die situasie waarin hy homself bevind het tydens sy aanhouding, te aanvaar.

Hy het ook ’n boek, The Long-Last Grave, wat 30 jaar later gepubliseer is, geskryf terwyl hy in die tronk was.Mnr. Du Toit tree ook deesdae as motiveringspreker op en wil daardeur ’n verskil in mense se lewens maak.

Related Articles

Back to top button