NewsSchoolsSport

Erries swaai die stokke by die Junior Mpumalanga Kampioenskap

Die Erries se A gholfspan het die afgelope week aan die Junior Mpumalanga Kampioenskappe in Middelburg deelgeneem.

Die Erries se A-gholfspan het die afgelope week aan die Junior Mpumalanga Kampioenskap op Middelburg deelgeneem.

Stefan Kemp, Tyron Dewar, Daniël Mulder en Kobus van Heerden het EHS verteenwoordig.

In ’n formaat waar die spelers elke hou moet tel totdat die bal in die putjie is, het die Erries daarin geslaag om ’n spantotaal van 254 punte aan te teken wat aan hulle die derde plek besorg het.

Al vier die Errie-gholfspanne het op 18 Mei aan die tweede ronde van die Gert Sibande-gholfliga op Bethal deelgeneem.

Die A-span het op 41 punte geëindig wat aan hulle die eerste plek besorg het. Stefan Kemp en Daniël Mulder was hul span se beste spelers en het elkeen 14 punte bygedra.

Die B-span het ook die ronde afgesluit as die wenners van hul afdeling met ’n spantotaal van 53 punte. Diederik van der Walt was die span se beste speler met 19 punte.

Die C-liga, waarvoor die Erries elke week twee spanne ingeskryf het, is oorheers deur die Errie-spelers.

Die C1-span het die ronde op 46 punte geëindig en die C2-span op 43 punte wat aan hulle onderskeidelik eerste en tweede plekke in die liga besorg het.

Vosjan Grey en Marni Prinsloo was die beste spelers van hul onderskeie spanne.

Donderdag – Mpumalange Junior Kampioenskap:

Die Erries het derde geëindig met ’n spantotaal van 254 punte. Daniël Mulder was die beste speler met 81 punte.

Vrydag – Ronde twee van die liga:

A-span eerste met 41 punte, B-span eerste met 53 punte, C1-span eerste met 46 punte, C2-span tweede met 43 punte (speel in C1-liga).

Die beste spelers is: A-span: Daniël Mulder en Stefan Kemp, B-span: Diederik van der Walt, C1-span: Vosjan Grey en C2-span: Marni Prinsloo.

Related Articles

Back to top button