NewsSchools

Ligbron-seunshokkiespanne vaar goed teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Oosterland tydens die liga

Die eerstespan het gelykop teen Hoërskool Secunda gespeel met 1 - 1 en Tyrique Maharaj is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Dinsdag, 24 April, onderskeidelik teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Oosterland in ligawedstryde te staan gekom.

Volgens Ligbron, het albei skole strawwe kompetisie vir hulle teenstander gebied en die wedstryde het die skare behoorlik op hul tone gehou.

Die 0/14A’s het 0 – 2 verloor teen Hoërskool Secunda met Dylan Roodt wat as speler van die wedstryd aangewys is, die 0/16A’s het hulle wedstryd teen Hoërskool Secunda 2 – 1 gewen en Hardu Prinsloo is as speler van die wedstryd aangewys.

Lees ook: JJ-sportspanne blink uit tydens verskeie toere

Die eerstespan het gelykop teen Hoërskool Secunda gespeel met 1 – 1 en Tyrique Maharaj is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die 0/16B-span het teen Hoërskool Oosterland meegeding en as oorwinnaars van die veld af gestap nadat hulle die wedstryd met 2-1 gewen het.

Anton Robertson is as die speler van die wedstryd aangewys.

 

Related Articles

Back to top button