NewsSchools

Ligbron-seunshokkie sorg vir naelbytwedstryd teen Highveld Park

Dit was ’n spannende kragmeting met albei spanne wat teen rustyd geen doele aangeteken het nie.

Die Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste seunshokkiespan het op Donderdag, 19 April, in hul tweede ligawedstryd teen Highveld Park van Secunda in ’n naelbytwedstryd gelykop geëindig.

Die wedstryd het op die Liggies se Astro-hokkiebaan plaasgevind.

Dit was ’n spannende kragmeting met albei spanne wat teen rustyd geen doele aangeteken het nie.

Lees ook: Ligbron-leerders pak herwinningsprojek aan

Tydens die tweede helfte het albei daarin geslaag om een doel aan te teken.

Die eerstespan, 0/14A- en 0/16A-seunshokkiespanne sal op Dinsdag, 24 April tuis teen Hoërskool Secunda kragte meet, terwyl die 0/16B-span tuis teen Hoërskool Oosterland sal speel.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button