NewsSchools

Ligbron-leerders pak herwinningsprojek aan

Ligbron kondig wenners van herwinningsprojek aan

Ligbron Akademie vir Tegnologie het aan die begin van die jaar ’n herwinningsprojekkompetisie geloods vir die registerklas wat die meeste proppies, plastiek

en blikkies kan insamel.

Penny’s Recycle and Waste Centre, saam met Ola, het in die eerste kwartaal roomys vir twee klasse geborg, wat Woensdagoggend, 11 April, uitgedeel is, terwyl ’n anonieme borg vir die klas wat die meeste proppies insamel, ’n roomyskoek geborg het.

Die wenklasse was gr. 12E, gr. 10A en gr. 8O.

Lees ook: Ligbron Akademie vir Tegnologie se Superreeks staan einde se kant toe

Ligbron sal die plastiekproppies aan Young People Care skenk, wat dit na ’n aanleg neem wat dit in potplanthouers sal verwerk.

Volgens die skool skenk die instansie ’n rolstoel aan ’n behoeftige vir elke 450kg-proppies wat hulle ontvang.

Personeel van Penny’s laai elke Woensdag die plastiek, papier, glas en blikkies op wat skool toe gebring is.

Die skool het die gemeenskap genooi om deel te neem aan die inisiatief omdat almal deur besoedeling geraak word.

Die gemeenskap is welkom om enige plastiekbottels, broodbinders, plastiekdoppies, papier en glas by Ligbron af te laai.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button