Miané van der Merwe goed op die herstelpad

"Die dokter het verduidelik dat die prosedure te sensitief is om te doen terwyl sy wakker is."

Miané van der Merwe, ‘n agt maande oue dogtertjie van Ermelo, het op 9 April ‘n operasie ondergaan om haar handjie te herstel.

Sy is op 8 Augustus verlede jaar met horrelvoetjies (“clubfeet”) gebore en haar linkerhandjie het nie te volle in die baarmoeder ontwikkel nie.

Albei toestande is onverklaarbaar en was nie sigbaar op enige van die sonars wat gedurende die swangerskap gedoen is nie.

Op 9 April het Miané haar eerste operasie, “sindaktelie loslating” , op haar hand ondergaan, waar die dokters haar indeks- en pinkievinger geskei het van die res van haar vingers sodat die vingers verder kan groei.

“Sy was na die operasie baie moeilik en huilerig en ons kon sien dat sy vreeslik seer het”, het haar ma, me. Elsie Engelbrecht, gesê.

Haar ma het bygevoeg dat sy nie lank na die oparasie weer haar ou self was en vriendelik gesels het.

Sy is Dinsdag, 10 April ontslaan en volgens haar dokter, ‘n ortopediese chirurg by die Wilgers Hospitaal in Pretoria, dr, Stephan Colyn is hy baie tevrede met die operasie en is die resultate beter as waarop hy gehoop het.

Die dokter het Miané se ouers op 13 Maart in kennis gestel dat die operasie so gou as moontlik gedoen moet word, omdat die hand nou in ‘n baie belangrike groeiproses is en al die vingers te styf teen mekaar is.

Lees ook: Miané van der Merwe benodig ’n helpende hand

Dit hte haar ouers nie baie tyd gegee om geld vir die operasie bymekaar te maak nie, maar hulle het besluit dat hulle enige iets sal doen sodat sy haar operasie kan ondergaan.

Miané is Maandag, 16 April, slegs ‘n week na die oorspronklike operasie, terug Wilgers Hospitaal toe om haar wonde onder narkose oop te maak en skoon te maak.

“Die dokter het verduidelik dat die prosedure te sensitief is om te doen terwyl sy wakker is.”

Haar ma het vertel dat die prosedure goed afgeloop het maar dat sy kon sien Miané het nog baie seer.

Sy is dieselfde dag reeds uit die hospitaal ontslaan.

Volgens haar dokter sal die derde operasie oor ses maande gedoen word, waar hulle haar middel- en wysvinger van mekaar gaan skei.

Na ‘n gesukkel om die fondse vir die eerste operasie bymekaar te maak nadat die medies waarop die gesin was me. Engelbrecht in kennis gestel het dat hulle slegs ortopediese prosedures dek wat lewensgevaarlik is, het die ouerpaar onlangs na ‘n nuwe mediese fonds oorgeskuif wat hulle tegemoet gekom het deur vir Miané se opkomende operasies te betaal.

Miané het op 6 November verlede jaar ‘n “Avhilles Tendon”-operasie ondergaan waar hulle die sening bo haar haksteen geknip en gerek het sodat haar voete nou normaal kan buig en haar hak plat kon wees.

Haar voete het volkome geneem en die dokter is baie tevrede met haar vordering.

Sy moet wel nog spesiale skoene dra tot op die ouderdom van drie jaar om enige terugslag te voorkom.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

Exit mobile version