Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste hokkiespan oorheers liga wedstryd teen Morgenzon Landbou Akademie

Ligbron se seunshokkie span teken ses doele in die tweede helfde van die wedstryd teen Morgenzon Landbou Akademie aan

Die eerste seunshokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Vrydag, 13 April, in hulle eerste ligawedstryd teen Morgenzon Landbou Akademie uitgedraf.

Die wedstryd het op die Liggies se Astro-hokkiebaan plaasgevind.

Na afloop van die eerste helfte het beide spanne steeds geen punte aangeteken nie en het die Liggies seker gemaak dat hulle die tweede helfte van die wedstryd oorheers deur ‘n totaal van ses doele aan te teken.

Lees ook: Ligbron en Genl. Hertzog meet kragte

Liggies se doele is aangeteken deur Jonathan du Toit (1), Marius Ferreira (2), Charl du Toit (2) en Edward Jacobs (1).

Hulle speel eerskomende Donderdag, 19 April, tuis teen Highveld Park Hoërskool.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version