MunicipalNews

Oop kragboks ’n tydelike oplossing

Daar is dieselfde situasie ook in ’n ander gedeelte in die dorp opgemerk en navrae is gedoen of die gedeelte ook reggestel gaan word.

Die Hoëvelder het verlede week die kragboks opgemerk waaruit kragkabels na ’n kragboks in die straat af lei.

Die kragboks is by die Pres. Steynlaan- en Paul Krugerwegkruising in Nederland Park gesien.

Volgens die woordvoerder van die Msukaligwa Munisipaliteit, mnr. Mandla Zwane, was die kabel slegs ’n tydelike oplossing nadat werkers van die elektriese afdeling ’n foutiewe kabel probeer opspoor het.

Hy het gesê dat die elektriese afdeling die probleem binne die volgende vyf dae sal regstel.

Daar is dieselfde situasie ook in ’n ander gedeelte in die dorp opgemerk en navrae is gedoen of die gedeelte ook reggestel gaan word.

Mnr. Zwane het gewaarsku oor die gevolge vir enigeen wat met kragbokse of kragmeters peuter.

Lees ook: VIDEO – Kragdrade lei van een kragboks na ’n volgende in Nederland Park

“Ingevolge die elektrisiteitsverordening mag niemand op enige wyse of om welke rede ook al peuter of inmeng met enige meter of dienskonneksie of diensbeveiligingstoestel of enige ander toerusting van die munisipaliteit.”

Die verbruiker is aanspreeklik vir alle koste aangaande die herstel van die beskadigde munisipaliteitstoerusting, benewens die toepaslike fooie en heffings vir sodanige ontkoppeling.

In gevalle waar die knoeiing gelei het tot die verkeerde meting van die ware verbruik, sal die munisipaliteit die reg hê om die volle koste van die verbruiker te verhaal.

Hy het afgesluit deur die gemeenskap te aan te moedig om enige onraad by die inbelsentrum aan te meld en aan te dring op ’n verwysingsnommer vir toekomstige navrae.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button