Drie mense beseer in N17-botsing tussen Ermelo en Bethal

Drie mense het ligte beserings opgedoen na 'n botsing op die N17-hoofweg tussen Ermelo en Bethal omstreeks 6.30nm Sondagaand.

Drie mense het ligte beserings opgedoen na ‘n botsing op die N17-hoofweg tussen Ermelo en Bethal omstreeks 6.30nm Sondagaand.

Volgens mnr. Mthokozisi Mdinaso, bestuurder van die een voertuig, was hy vanaf Ermelo in die rigting van Bethal op pad toe ’n voertuig in sy baan van voor af aangery gekom het.

Hy het probeer uitswaai om ’n botsing te voorkom, maar kon nie daarin slaag nie.

Sy voertuig het in die veld langs die pad beland.

Die insittendes van dié voertuig, twee mans en drie dogtertjies, het ligte beserings opgedoen en is na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem waar hulle vir hul beserings behandel is.

Hy is ongedeerd, maar noodwerkers het te kenne gegee dat hulle hom na die Ermelo Provinsiale Hospitaal sou neem om vir skok behandel te word.

Die passasiers van die ander voertuig, twee mans en drie dogtertjies, het ligte beserings opgedoen en is na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem waar hulle vir hul beserings behandel is.

Exit mobile version