CrimeNewsBreaking News

Twee voertuie bots op N17 – geen ernstige beserings

Hy het uitgeswaai om ’n botsing te probeer vermy maar die ander voertuig het ook uitgeswaai en hulle het mekaar getref.

Twee voertuie het Sondagaand omstreeeks 6.30nm. op die N17 sowat 35km buite Ermelo gebots.

Volgens die bestuurder van die een voertuig, mnr. Mthokozisi Mdinaso, het hy in die rigting van Bethal gereis toe ’n ander voertuig in sy baan van voor af op hom afgepeil het.

Hy het uitgeswaai om ’n botsing te probeer vermy maar die ander voertuig het ook uitgeswaai en hulle het mekaar getref.

Sy voertuig het in die gras langs die pad beland.

Mnr. Mdinaso is nie beseer nie, maar die passasiers van die ander voertuig, twee mans en drie dogtertjies is lig beseer en na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem om vir hul beserings behandel te word.

 

Related Articles

Back to top button