GeneralNews

Speelpark raak ‘n probleem vir inwoners

Speelpark in De Bruin Park het 'n seer oog geword vir die inwoners in die omgewing.

Inwoners in die omgewing van die speelpark tussen De Bruin- en Alkemastraat in De Bruinpark het onlangs hulle mismoedigheid uitgespreek oor die vervalle toestand van die park.

Hulle het oor die muisplaag gekla wat ontwikkel weens die gebrek aan onderhoud en is bevrees dat dié plaag slange na die gebied kan lok.

Meeste van die speelapparate is onbruikbaar en in ’n verwaarloosde toestand.

Die groot hope grond, wat verlede jaar aangery is vir die fietsrybaan, wat gebou sou word, is intussen toegegroei met onkruid.

Lees ook: E-rommel kan ook herwin word

“Die park is onooglik en deesdae die algemene ontmoetingsplek vir kwaaddoeners,” het een inwoner gesê.

Sommige inwoners het gesê dat die reuk van dagga gedurig in die lug hang.

Die Hoëvelder het twee weke gelede navraag by die Msukaligwa Munisipaliteit, asook die Gert Sibande Distriksmunisipaliteit, gedoen oor die instandhouding van die park en die gesondheidsimplikasies van die muisplaag, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.

Die Hoëvelder het ook verlede week opgemerk dat die park skoongemaak en die gras gesny is.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

Related Articles

Back to top button