GeneralNews

Passievolle hart vir Ermelo se dogters

Vogens haar Ermelo en sy mense besonder goed vir die projek en met die hulp van kerke, skole en ondernemings is hulle in staat om die dogters soms ook iets ekstra te gee.

Me. Saretha Ferns het sowat sewe jaar gelde ’n projek op Ermelo begin en die dogters van Ermelo begin bystaan.

“Ek het drie dogters en glo die Here het ’n passie in my hart geplaas om hoop te gee aan dogters,” het me. Ferns gesê.

Sy is die takbestuurder op die dorp en hulle versorg tans tot 50 dogters maandeliks met die basiese benodighede.

Die pakkies wat opgemaak word bevat produkte soos sjampoe, onderarmrol, handeroom asook sanitêre produkte, wat persoonlik aan ’n dogter oorhandig word, waar ook heerlik tydens dié samekoms gekuier word.

Hulle bied die basiese afrondingsklasse aan die dogters en leer hulle van persoonlike higiëne.

Volgens me. Ferns kon hulle al vier dogters help met hulle matriekafskeid en bederf graag elke gr. 7-dogter die afgelope sewe jaar met ’n nuweuitrusting vir die gr.7-afskeid.

Lees ook: Ian Campbell maak ’n verskil in Skaaprus-gemeenskap

Annebel gaan net oor die produk waarmee hulle dogters help nie, maar ook oor hoop.

“Maak nie saak wat jou huidige situasie is nie, daar is altyd hoop.”

Van die ouer dogters, wat al uit die skool is, is steeds vandag betrokke by die projek en help waar hulle kan.

Hulle was bevoorreg om in 2017 ’n nuwe tak, genaamd, Annebel Lekelelanie, te stig, wat deur me. Betsie Marais bestuur word.

“Ons vertrou op die Here dat die projek van krag tot krag sal gaan.”

Volgens me. Ferns is die projek nie ’n eenvroudroom nie, maar word onderhou deur die hele gemeenskap.

Daar is tans 35 Annebel-hulpmammas wat ’n pakkie pak vir dogters.

“Sonder die mammas se hulp en omgee, sal ek verlore wees.”

Vogens haar Ermelo en sy mense besonder goed vir die projek en met die hulp van kerke, skole en ondernemings is hulle in staat om die dogters soms ook iets ekstra te gee.

Met die hulp van die Vryburgers kon sy vanjaar vir elke dogter ‘n handdoek koop.

Sy het ook haar dankbaarheid uitgespreek teenoor die gemeenskap wat by haar huis stop en goedere aflaai.

Haar droom is om die dogters op ’n uitstappie te neem om hulle sewende bestaansjaar te vier.

Die gemeenskap kan betrokke raak deur óf ’n Annebel-mamma te word óf produkte te skenk.

Skakel me. Saretha Ferns by 082 302 5335 vir meer inligting.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

 

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button