NewsSchools

Liggie-sportspanne lewer puik spel teen Wilgers

Vir die onderskeie hokkiespanne was dit beslis ook ’n goeie dag met al die spanne wat gewen het, behalwe die 0/14A-seunspan wat met 1 - 4 verloor het.

Die rugby-, netbal- en hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 10 Maart, op hul tuisveld teen Hoërskool Wilgers te staan gekom in die tweede ronde van vanjaar se Superreeks.

Die rugbyspanne het al hulle wedstryde oortuigend gewen en hul uitslae is: 0/14A (59 – 7), 0/15A (43 – 14), 0/16A (42 – 7), tweedespan (55 – 5) en eerstespan (39 – 25).

Die volgende spelers is as spelers van die wedstryd aangewys: Willem Prinsloo (0/14A), Lethu Ngobese (0/15A), JP Louw (0/16A), Collin Scheepers (tweedespan) en Francois Greyvensteyn (eerstespan).

Die netbalspanne se uitslae is: 0/14A verloor 8 – 10, 0/14B wen 14 – 7, 0/15A verloor 15 – 20, 0/15B wen 13 – 12, 0/16A wen 31 – 7, tweeedspan wen 20 – 11 en die eerstespan het na ’n wipplankwedstryd gelykop gespeel met 19 doele elk.

Lees ook: Ligbron-seunshokkie bepaal spankeuses

Die volgende spelers is as die spelers van die wedstryd aangewys: Cuara Deysel (0/14A), Danelle Venter (0/14B), Amoné Fraiser (0/15A), Mpo Mathabatha (0/15B), 0/16A- Ilené van der Walt (0/16B), Sinenkosi Dludlu (tweedespan) en Stembile Maseko (eerstespan).

Vir die onderskeie hokkiespanne was dit beslis ook ’n goeie dag met al die spanne wat gewen het, behalwe die 0/14A-seunspan wat met 1 – 4 verloor het. Micael Jardim was die speler van die wedstryd.

Die res van die spanne se uitslae is: 0/14A wen 8 – 0 met Noma Maseko as speler van die wedstryd, 0/15A wen 1 – 0 met Mary Gurumani as speler van die wedstryd, 0/16A wen 15 – 0 met Megan Herbst as speler van die wedstryd, tweedespan wen 2 – 0 met Renate Krause as speler van die wedstryd, eerste dogterspan wen 8 – 0 met Marisca Stander as speler van die wedstryd en eerste seunsspan wen 1 – 0 met Jonathan du Toit as speler van die wedstryd.

Ligbron sal eerskomende Saterdag, 17 Maart, na Rustenburg vertrek waar hulle teen Hoërskool Bergsig in die derde Superreeks-wedstryde sal meeding.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button