André herbou veteraanmotors

Hy het al twee voertuie vir ’n vriend gebou en kan spog met sy eie motor en ’n bakkie wat gereeld op die dorp gesien word.

André Nel is sedert 1973 ’n auto-elektrisiën en het in sy pa se voetspore gevolg.

Hy sorg egter nie net dat ander mense se motors veilig op die pad bly nie, maar bou in sy vrye tyd motors.

Hy het al twee voertuie vir ’n vriend gebou en kan spog met sy eie motor en ’n bakkie wat gereeld op die dorp gesien word.

Dié motors is almal padwaardig en trek baie aandag as hy deur die dorp ry.

Hy wou van jongsaf ’n “Street Rod” bou en het vyf jaar gelede besluit om die bul by die horings te pak.

Hy het sake fyn dopgehou om die dele van die motor in die hande te kry en het ook op skrootwerwe rondgekrap.

Sekere dele van die motor soos die remme en dele van die enjin en ratkas is nie oorspronklik nie, maar is moderne onderdele.

André is eintlik ’n sakeman wat sy stokperdjie naweke en saans beoefen,

Dit het hom ses maande geneem om die motor te bou.

Hy het ook ’n International-bakkie, ’n sleepwa en ’n woonwa, wat ten volle toegerus is, gebou.

Hy is getroud met Maggie en hulle het vyf volwasse kinders wat nou almal uit die huis is.

Maggie staan hom by in sy onderneming en sorg dat die boeke se somme klop.

Hulle is buitelugmense en span gereeld hul woonwa, hulle het nog ’n groter weergawe ook, in om saam met die groep van KSA Suid-Hoëveld te gaan kampeer.

Wanneer hy die dag aftree, wil hy sy woonwa haak en saam met sy vrou die land toer.

André bou nie net motors nie, hy skou en ry met hulle.

Hy het al Kaap toe gery , met die sleepwa gehaak met die “Street Rod”, en geen probleme ondervind nie.

In sy jonger dae het hy op die ovaal by Westbank-renbaan en Rietkluil Raceway by Arnott gejaag, maar los dit nou vir die jonger garde.

Intussen krap hy maar in sy vrye tyd in die ou motors rond en het gesê dat hy nooit moeg daarvoor sal raak nie.

Exit mobile version