NewsSchools

EHS korrel goed

Daar word op 10m met luggewere en lugpistole geskiet

Die Erries se skietseisoen het op 22 Februarie afgeskop.

Die skuts se kompetisie tel uit 1600 punte en hul skiet twee 3P (drie posisies naamlik lê, staan en kniel) kompetisies wat elkeen 600 punte tel, sowel as ‘n staankompetisie wat 400 punte tel.

Daar word op 10m met luggewere en lugpistole geskiet.

Die lugpistool-kompetisie bestaan uit twee kompetisies van 400 punte elk.

Errie-skuts het aan die eerste prysskiet, uit ses vir die jaar, deelgeneem.

Verskeie nuwe skuts het by hul eerste kompetisie meegeding en nietemin goeie tellings behaal met ’n hele paar wat hul persoonlike beste geskiet het:

Geweerskuts: Reinardt Vorster 1451 (pb), John-Henri van Zyl 1352 (pb), Pieter de Beer van JJ van der Merwe 1196 (pb) , Werner Janse van Vuuren 1098 (pb), Herman Holtzhausen 1082(pb), Renel Swanepoel 1078, Hendrea van Zyl 1056, en Eloise Prinsloo 1024.

Die volgende skuts het ook hul persoonlike beste tellings geskiet: Christiaan Venter, GJ Swanepeol, Dehandri Morkel, Herentia van Zyl, JP de Jager en Riku van der Bank.

In die pistoolafdeling het Rico Jordan 529 punte aangeteken.

Die skuts sal op 9 en 10 Maart aan hul tweede kompetisie op Middelburg deelneem, en die week daarop sal die eerste ronde proewe plaasvind vir dié wat saam met die SANSSU-span na Engeland gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button