MunicipalNews

Drein by Oak-sentrum staan al vir vyf weke oop

Die inbelsentrum het na bewering ook gesê dat hulle te besig is met ander dreinpype en onseker was wanneer hulle bystand kon bied.

Die Hoëvelder het Maandagoggend, 26 Februarie, klagtes ontvang van ’n hoofdreinpyp agter die Oak-sentrum wat verstop en oop is.

Volgens die sentrumbestuurder, me. Magda Venter, is die probleem gereeld vir die afgelope vyf weke by die Msukaligwa Munisipaliteit se inbelsentrum aangemeld, sonder enige sukses.

Ander pype het al gebars weens die drein en volgens me. Venter, hou dit ’n gesondheidsprobleem vir die sentrum in weens die stank en dreinwater wat onophoudelik vanuit die gat oorloop.

Lees ook:  Bejaarde vrou vermoedelik op plaas buite Chrissiesmeer verwurg

’n Voertuig het ten tye van die oproep in die gat vasgeval.

Die inbelsentrum het na bewering ook gesê dat hulle te besig is met ander dreinpype en onseker was wanneer hulle bystand kon bied.

Sy het ook gesê dat die munisipaliteit geen verwysingsnommers verskaf het nie.

Die Hoëvelder het die Msukaligwa Munisipaliteit genader vir kommentaar, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button