GeneralLocal newsNews

Vroue leer medisinaal-organies tuinmaak

Sy het uitgebrei en klem daarop gelê dat as jy vrugte en groente op die regte manier in regvoorbereide grond verbou, siektes soos hoë bloedruk, hoë cholesterol, diabetes, kanker en self aandagafleibaarheidsindroom by kinders genees kan word.

Me. Arina Badenhorst, tuinboukundige en eienaar van die Eden Tuinskool, het verlede Donderdag al die pad van Boksburg gereis om die vroue van Ermelo se Tuinbouklub toe te spreek.

Haar onderwerp was Medisinale Organiese Groente.

Sy het uitgebrei en klem daarop gelê dat as jy vrugte en groente op die regte manier in regvoorbereide grond verbou, siektes soos hoë bloedruk, hoë cholesterol, diabetes, kanker en self aandagafleibaarheidsindroom by kinders genees kan word.

Lees ook: Vinasia maak ’n verskil na skoonheidskompetisie

Jou tande en naels kan verbeter en siektes soos Parkinson’s en Alzheimer kan verhoed word.

Vir vrugte en groente om gesond en pesvry te groei, moet dit deur vier fases gaan.

• Verwyder alle grondswamme

• Verwyder alle klein insekte soos luise, witvlieg en rooi spinnekop.

• Verwyder alle swamsiektes vanuit die lug soos meeldou, swartvlek, roes en bakteriese vlekke

• Verwyder alle groter insekte soos kewers, sprinkane en slakke.

Verbou jou groente met dié vier fases in gedagte: balanseer die grondchemie, verhoog fotosintering met blaarvoeding en mineralisasie en help plantmetaboliete om gevorm te word.

Sy het uitgebrei op bogenoemde en aan die vroue se reaksie kon jy sien dat hulle dit baie interessant gevind het.

’n Paar van die wintergroente wat in Februarie geplant kan word, is blaarslaai, spinasie, blomkool, broccoli, pietersielie, uie, grasuie, knoffel, seldery, mosterd, raap, radys, witwortel, wortels, beet, oreganum, tiemie en salie.

Me. Badenhorst sal Ermelo weer in Junie besoek om die tweede gedeelte van haar kursus aan te bied.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button