NewsSchools

Liggies geniet Valentynsbal met “Movie Premiere” tema

Die leerders wat die aand bygewoon het, het gedans totdat die laaste liedjie gespeel het.

Die leerlinge van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Woensdag, 14 Februarie, hul jaarlikse Valentynsbal geniet.

Vanjaar se tema was “Movie Premiere” en die saal was met goue sterre versier, wat oral van die dak af gehang het.

Die leerders is bederf met springmielies, iets om te drink en ‘n heerlike vingerete.

Liam Kitchenmaster en Prajna Bhika is onderskeidelik aangewys as die junior Mnr. en Mej. Valentyn en Chris Willemse en Amoré Wolmarans as die senior Mnr. en Mej. Valentyn.

Lees ook: Erries hou swierige Valentynsbal

Hulle het elkeen ’n geskenkpakkie ontvang.

Die leerders wat die aand bygewoon het, het gedans totdat die laaste liedjie gespeel het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button