Local newsNews

Kom deel in Chrissiesmeer se 19de agtereenvolgende boeredag

Prof. Mohammed Karaan van Stellenbosch is die hoofspreker en die tema is die toekoms van landbou in Suid-Afrika.

Die Chrissiesmeer Studiegroep Boeredag sal op 7 Maart vir die 19de agtereenvolgende jaar plaasvind waar die land se hoofsaadmaatskappye hulle kultivars met trots aanbied.

Dit is een van die grootste proewe in die land en die resultate word wyd gebruik in die volgende jaar se aanbevelings.

Altesaam 24 witmieliekultivars en 28 geelmieliekultivars van afsonderlike saadmaatskappye is aangeplant.

Lees ook: Water diluted with blood flows in the streets of Enyibe

Prof. Mohammed Karaan van Stellenbosch is die hoofspreker en die tema is die toekoms van landbou in Suid-Afrika.

Die dag sal oudergewoonte ’n spieëlbeeld van die landboumaatskappye wees en as bemarkingsgeleentheid dien.

Die groep het almal genooi om dit saam met hulle en hul borge te kom geniet en het laasgenoemde bedank vir hulle bydrae om dit moontlik te maak.

Ligging:13km vanaf Chrissiemeer op die Oshoek-pad (N17) aan die linkerkant en aanwysingsborde sal betyds opgerig word.

Registrasie begin om 8.30vm en die opening vind om 10vm plaas.

Proefbesigtiging sal vanaf 11.50vm geskied.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button