Local newsNews

Dries bring Towerfluit na Ermelo

Hy het die bal aan die rol gesit en na baie gunsies uitdeel en toutjies trek, kan Ermeloërs op 10 en 11 Mei na Mozart se Towerfluit in die ouditorium gaan kyk.

Mnr. Dries van Rensburg se passie vir die lewe is aansteeklik en mense sê dat hulle ná ’n gesprek met hom sommer weer kans sien vir baie dinge.

Hy is egter huiwerig om oor homself te praat en gesels baie eerder oor die dinge wat hom na aan die hart lê.

Sportsielkunde is een van sy groot liefdes en hy werk graag met kinders en help met afrigting waar sy hulp benodig word.

Hy probeer altyd die boodskap by kinders tuisbring dat jy deur harde werk enige doelwit in die lewe kan bereik.

“Die lewe is soos ’n toneelstuk.

“Dit begin ietwat deurmekaar maar as jy fokus, val die storie en karakters in plek en begin jy verstaan en kan dit volg tot die storie sy hoogtepunt bereik het,” het mnr. van Rensburg gesê.

Lees ook: Gideon Bührmann sterf na lang siekbed

 

Lees die volledige artikel in die koerant.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitte

Related Articles

Back to top button