MunicipalNews

Geen dienslewering sigbaar op Ermelo se paaie

In sommige strate is maande laas enige herstelwerk gedoen met slaggate wat by die dag al hoe groter en dieper word en ’n risiko vir motoriste inhou.

Die Hoëvelder het op 31 Januarie na menigte klagtes oor die toestand van die dorp se paaie, ondersoek ingestel.

In sommige strate is maande laas enige herstelwerk gedoen met slaggate wat by die dag al hoe groter en dieper word en ’n risiko vir motoriste inhou.

By sekere gedeeltes moet motoriste noodgedwonge in ’n ander baan ry en Wesselstraat is soms ontoeganlik vir bestuurders met kleiner voertuie, selfs vragmotorbestuurders dink twee keer, terwyl sommige selfs ’n ompad deur ’n veld langs die straat begin het.

Die pad het ook ’n negatiewe impak op die ondernemings in die omgewing en in Havengastraat is die stoptekens duidelik by die die drie-rigting-stopstraat, maar op die pad is geen teer of merke in sig nie.

Motoriste op die Morgenzon-pad verkies om eerder langs die pad as op die pad te ry wat die moontlikheid van voetgangerongelukke verhoog.

Dié pad is nie geskik vir twee voertuie langs mekaar nie.

Waterinsypeling by slaggate versnel die vergroting van slaggate.

Volgens inwoners van Hardewyk- en Putterstraat kan hul nie eens onthou wanneer laas enige herstelwerk op die pad gedoen is nie.

By dié kruising is slaggate al van so ’n aard dat die teer byna onsigbaar is.

Volgens die Msukaligwa Munisipaliteit het hulle met die hulp van Gert Sibande Distriksmunisipaliteit (GSDM) en die Departement van Openbare Werke, slaggate in 2017 opgevul met Ferricrete gruis.

“Die gruis is ’n goeie gehalte materiaal wat gereeld vir padkonstruksie gebruik word,” het mnr. Mandla Zwane, woordvoerder van die munisipaliteit,” gesê.

“Dit is slegs ’n tydelike oplossing en finansiële bystand is vanaf die GSDM en die provinsiale regering aangevra.”

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button