Bekende arts aangeval en beroof in Ermelo

Die mans het vuurwapens, kontant, sy skootrekenaar en selfoon gebuit en met sy motor op die vlug geslaan

Dr. Wilhelm Serfontein, bekende afgetrede dokter van Ermelo, is vanoggend sowat 8vm in sy oprit deur drie mans gewapen  met messe oorval.

Hy is die huis ingedwing waar hy geforseer is om sy kluise oop te sluit.

Die mans het vuurwapens, kontant, sy skootrekenaar en selfoon gebuit en met sy motor op die vlug geslaan.

Die motor is later op die pad na die vliegveld gevind.

Geen ander van die gesteelde goedere is nog teruggevind nie.

Dr. Serfontein het ’n meswond in sy bo-arm opgedoen en is op die toneel behandel.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en ’n saak van gewapend roof word ondersoek.

 

Exit mobile version