NewsSchools

Ons is nou in die groot skool

Sterkte aan die gr.1's en hul ouers en ook aan die onderwysers wat vir die volgende twaalf jaar moet saamwerk.

Die gr.1’s van 2018 het verlede Woensdag hul skoolloopbane begin.

Tydens die Hoëvelder se besoek aan Laerskool JJ van der Merwe het die leerders rustig gesit en legkaart bou met nie ’n traan in sig nie.

Van die mammas met wie ons gepraat het het gesê dat hulle ’n knop in die keel gehad het, maar darem nie gehuil het nie.

Ek dink die feit dat die kinders deesdae kleuterskole en gr.R klas toe gaan veroorsaak dat die eerste dag in die groot skool nie meer so traumaties is nie.

Die geduld waarmee die onderwyseresse die kinders behandel speel ook ’n rol daarin dat hulle gouer aanpas en in ’n roetine kom.

Die sosiale netwerke het gegons van mammas, pappas en veral oumas wat foto’s gelaai het van boetie of sussie in hul nuwe skoolklere.

’n Vriendin van my se twee kleinkinders is albei vir die eerste keer skool toe.

Sy het die oggend saamgegaan toe die een skool toe is en die middag 50km gery om die ander een by die skool te kry.

Ek gaan ook later vanjaar ouma word en ek glo ek sal dieselfde doen vir my kleinkinders.

Die jare gaan so gou verby en dit voel vir my soos gister toe my kinders vir die eerste keer skool toe gegaan het.

Nou is die en self ’n onderwyseres en die ander een begin binnekort by ’n kleuterskool werk.

Sterkte aan die gr.1’s en hul ouers en ook aan die onderwysers wat vir die volgende twaalf jaar moet saamwerk.

Maar vir eers, geniet die eerte jaar op skool.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button