EHS gr. 12-leerder is eerste violis deel van die Suid-Afrikaanse Jeugorkes

Hulle het tot sewe ure per dag geoefen en hul vasberadenheid is tot die uiterste getoets.

Lusanti Brundyn, gr. 12-leerder van EHS, was gedurende die Desembervakansie as eerste violis deel van die Suid-Afrikaanse Jeugorkes.

Dié groep, bestaande uit 70 lede tussen die ouderdomme van 13 en 25 jaar, het vanaf 6 tot 16 Desember ‘n intensiewe kursus in Johannesburg gehad waar ’n Hollande leermeester vir die eerste drie dae meesterklasse aangebied het.

Hulle het tot sewe ure per dag geoefen en hul vasberadenheid is tot die uiterste getoets.

Drie optredes is in sowel Johannesburg as Pretoria gehou met ‘n dirigent vanuit die VSA.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Lusanti de Bruyn was die afgelope vakansie as eerste violis deel van die SA Jeugorkes.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version