Nadat die Hoëvelder verlede week berig het oor die haglike toestand van die stortingsterrein aan die noordekant van die dorp, is inligting ontvang dat munisipale werkers die terrein skoonmaak.
Met die aankoms by die terrein is opgemerk dat die plaaslike inwoners, wat deur die rommel gesif het, vervang is met werkers van die “Community Workers Programme” (CWP).
Dié program is ’n staatsbestuurde inisiatief om werklose mense wat aktief op soek is na werksgeleenthede, geldelike bystand te bied.
Werkers, wat deel is van die program, werk in die gemeenskap wat weer bydra tot verbeterings tot plaaslike omgewings.
Stootskrapers en vragmotors het bymekaargemaakde rommel opgetel en weggery.
Lees die volledige artikel in die koerant.
Lees ook: Ermelo stortingsterrein is vervalle en in ‘n chaotiese toestand
Werkers van die munisipaliteit het verlede week begin om die vullisterrein op te ruim.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.