MunicipalNews

Groot gemors by stortingsterrein word opgeruim

Die publiek is aangemoedig om nie vullis op openbare, oop ruimtes en op die pad wat lei na die stortingsterrien af te laai nie en slegs die landfasiliteit te gebruik.

Nadat die Hoëvelder verlede week berig het oor die haglike toestand van die stortingsterrein aan die noordekant van die dorp, is inligting ontvang dat munisipale werkers die terrein skoonmaak.

Met die aankoms by die terrein is opgemerk dat die plaaslike inwoners, wat deur die rommel gesif het, vervang is met werkers van die “Community Workers Programme” (CWP).

Dié program is ’n staatsbestuurde inisiatief om werklose mense wat aktief op soek is na werksgeleenthede, geldelike bystand te bied.

Werkers, wat deel is van die program, werk in die gemeenskap wat weer bydra tot verbeterings tot plaaslike omgewings.

Stootskrapers en vragmotors het bymekaargemaakde rommel opgetel en weggery.

Lees die volledige artikel in die koerant.

Lees ook: Ermelo stortingsterrein is vervalle en in ‘n chaotiese toestand

Werkers van die munisipaliteit het verlede week begin om die vullisterrein op te ruim.

‘n Groep munisipale werkers is besig om rondom die vullisterrein van Ermelo skoon te maak.

 

Die vullistrok is gebruik om die swartsakke wat buite rondlê na die vullisterrein aan te ry.

 

Die pad wat lei na die ingang is weer bruikbaar nadat werkers van die munisipaliteit verlede week met die skoonmaak proses begin het.

 

Munisipale werkers is besig om al die rommel wat buite rondlê in swartsakke bymekaar te maak.

 

Related Articles

Back to top button