CrimeNewsBreaking News

Vrou se tone met skerp voorwerp afgesny

'n Struweling het onstaan en die man is in die been gewond.

’n Man en vrou is gisteraand, 12 Januarie gewond toe hulle te voet in Jansenstraat in Ermelo oppad terug was van die winkel.

Mans in ’n wit Volkswagen golf het hulle gekonfronteer en geld en selfone geëis.

‘n Struweling het onstaan en die man is in die been gewond.

Die verdagtes het die vrou in die motor gelaai en weggery.

Sy is later op ’n grondpad in ’n informele woonbuurt, Khayelitsha, deur lede van die buurtwag gevind.

Van haar tone is met ’n skerp voorwerp afgesny.

Sy het ook skedelbreuk opgedoen.

Die polisie en nooddiens is na die toneel ontbied.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button