Ligbron beste matriekuitslae in die Gert Sibande Streek

Twee leerders, Matthias Johannes en Dannhau van den Berg, is op Vrydag 5 Januarie vereer nadat hulle vierde en sewende in die algehele top 10 in Mpumalanga geëindig het.

Met ’n matriekslaagsyfer van 99,21% is Ligbron Akademie vir Tegnologie die beste skool in die Msukaligwa 1-kring wat al die skole in en rondom Ermelo insluit.

Dié kring is ook saam met Standerton se kring die top kring in die Gert Sibande streek.

Twee leerders, Matthias Johannes en Dannhau van den Berg, is op Vrydag 5 Januarie vereer nadat hulle vierde en sewende in die algehele top 10 in Mpumalanga geëindig het.

Hulle het tydens die Mpumalanga Prysuitdeling albei ’n vol beurs, skootrekenaar, tablet, R10 000 en studiesak ontvang.

Lees die volledige artikel in die week se koerant op ons webtuiste hier.

Stephan Stapelberg het met sewe onderskeiding geslaag. Foto: verskaf

 

Dannhau van den Berg is algeheel sewende in Mpumalanga.. Hy het sewe onderskeidings behaal. Foto: verskaf
Carien Kritzinger het geslaag met ‘n totaal van sewe onderskeidings. Foto: verskaf

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version