Keer die familiedrama die Kersfees

Steek hierdie Kersfees ’n stokkie voor diegene se gedrag wat die dag uit gewoonte vir die res van die familie kan bederf, wees voorbereid.

 

Die samekoms van families oor die feestyd kan heerlik en tog uitputtend wees.

Steek hierdie Kersfees ’n stokkie voor diegene se gedrag wat die dag uit gewoonte vir die res van die familie kan bederf, wees voorbereid.

In elke familie is daar die tannie wat skinder, die oom wat kla, die kinders wat in alles krap, die lui vroutjie wat doodmoeg is na die jaar se werk, die man wat te veel drink en luidrugtig raak, die niggie wat heeltyd wil weet wanneer dié een gaan trou en hoekom daardie een nog nie kinders het nie, die bobaaskok wat almal wil voorsê hoe die kos voorberei moet word, en so raak die mengelmoes van ’n wye spektrum persoonlikhede net groter.

Dit hoort so, anders is jy nie saam met jou familie nie, maar dis belangrik om die tyd te geniet wat jul saam deurbring en daarom moet jy jouself voorberei vir die mengelslaaipersoonlikhede.

Volg die volgende stappe om die feestyd onvergeetlik te maak:

• Die klakous, luister na die klagtes en verander die onderwerp, moenie jouself uitput om dié persoon se siening te verander nie, jy sal jouself net onnodig moegmaak.

• Die nuuskierige agie, die persoon wat altyd uitvra, beantwoord sy/haar vraag met ’n teenvraag.
As sy sou vra wanneer iemand trou of ’n baba gaan kry, vra doodluisters of sy beplan om weer te trou of om kinders te hê, al is sy 80 jaar oud.

Lees ook: Goodies to fill your Christmas stocking

• Stel die bobaaskok en organiseerder (die een wat altyd wil oorneem) dadelik gerus dat hul kan ontspan, alles is fyn beplan en onder beheer.
Vir jou eie sielerus is dit raadsaam om jou reëlings en kos alles in plek te hê voor jou eerste gaste opdaag.

• Die humeurige, kort-van-draad-gas se aandag trek jy dadelik af deur ’n grappie te vertel of die gesprek te verander.

• Die dronkie se drankies moet jy sover moontlik beperk en indien dit nie help nie, neem die persoon dadelik na ’n kamer en stel ’n slapie voor by die eerste tekens dat hy kan hand uitruk en die geleentheid bederf.

• Wees verdraagsaam teenoor jou skoonfamilie en moenie die hele tyd teenoor jou maat staan en kla oor wat hulle nou weer gesê of gedoen het nie.
Me. Paula van Dyk het gesê hulle het nog nooit drama oor Kerstyd met vriende of familie gehad nie.

“Ons het nog altyd Kersfees saam met ons vriende, kinders en kleinkinders deurgebring en dit was met vrede en vreugde gevul.
“Mense moet mekaar probeer aanvaar soos hulle is, dis wat die Here van ons verwag,” het sy ook gesê.

 

 

Exit mobile version