Local newsNews

Braam se besige hande nou stil

Braam word as sy familie beskryf as ’n baie hardwerkende man met ’n oop hart wat altyd sy gesin eerste gestel het.

Braam van Tonder is op 9 Desember in die MediClinic in Nelspruit op 69-jarige ouderdom dood.

Hy is op 6 Maart 1948 op Amersfoort gebore en die gesin het na Ermelo verhuis toe hy vyf jaar oud was.

Hy was in die Kleinspan Laerskool en het sy hoërskoolloopbaan aan die EHS voltooi.

Sy ambag as passer en draaier het hy by die destydse Paaiedepartement voltooi en daarna 28 jaar by Usutu myn gewerk.

Vir bykans die afgelope 30 jaar het hy BB Staalwerke bedryf.

In 1970 is hy met Bets le Roux getroud en drie kinders, Dirkie, Pierre en Maritsa is uit die huwelik gebore.

Hy was ook oupa van drie kleinkinders.

Braam word as sy familie beskryf as ’n baie hardwerkende man met ’n oop hart wat altyd sy gesin eerste gestel het.

Hy het graag vir Bets in die kombuis gehelp en sy hande het vir niks verkeerd gestaan het nie, was veral vinnig as ’n boer ’n krisis gehad het want hy het nie geglo dat ’n boerdery moes stilstaan nie.

Bets het met ’n glimlag onthou dat Braam net altyd wou braai as die kinders kom uier het – ongeag van of die son skyn en of dit reën.

Hy wasook baie lief vir sport en het maklik in die middel van die nag opgestaan om ’n rugbywedstryd te kyk.

Hy het ook graag vis gevang as die gelentheid hom voorgedoen het.

Dié familieman het nie gehuiwer om Middelburg of Johannesburg toe te ry as die kleinkinders ’n skoolkonsert of ander aktiwiteite gehad het nie.

Hy het ook altyd ’n verrassing gehad as die kinders kom kuier het.

Hy was ’n groot diereliefhebber en hy en sy hondjie, Doempie was onafskeidbaar.

Braam het ook altyd sy kinders aangemoedig om hul honde saam te bring as hulle by hul ouerhuis kom kuier het.

Dirkie het gesê dat hy baie van sy pa geleer het en dat hy danksy sy pa se leiding vandag heel vaardig met sy hande kan werk.

’n Roudiens vir Braam het verlede Woensdag om 11vm in die AGS Kerk plaasgevind.

Die familie het almal wat blomme of ’n SMS gestuur het of geskakel het, vir hul ondersteuning bedank.

Hulle het vir Jacques by AVBOB spesiaal bedank vir sy bydrae met die reëlings en gladde verloop van die roudiens.

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter

 

Related Articles

Back to top button