Local newsNews

Storms rig groot skade in Ermelo aan

Ontruim die vloedgebied so gou as moontlik en ontbied hulp van die Ramp Bestuurssentrum by 017 801 3400, 079 503 6729 of 079 503 5484.

Die storms wat Ermelo verlede Woensdag- en Donderdagaand getref het, het groot skade in die dorp en woongebiede aangerig.

Die dorp is ook plek-plek vir tydperke sonder krag gelaat.

Woensdagaand se storm het die afdak oor die sypaadjie by CNA en die winkel langsaan heeltemal afgeruk en die sypaadjie was vir ’n geruime tyd onbegaanbaar.

Niemand is egter in die voorval beseer nie.

Donderdagaand se storm was meer intens en het kennisgewingborde en bome uit die grond uitgeruk en ondernemings in Naudéstraat se dakke afgeruk.

Werkers was Vrydag tot laat nog besig om die skade te herstel.

Weer eens is geen beserings aangemeld nie.

Harde reënbuie het egter die slaggate in die paaie met modderwater gevul en dit vir bestuurders baie moeilik gemaak.

Volgens mnr. Mandla Zwane, woordvoerder van die Msukaligwa Munisipaliteit, is vloede in dié omgewing algemeen in die somer.

Hy het bygevoeg dat die maklikste manier om jouself en jou familie veilig te hou is om na hoër gedeeltes te beweeg en weg te bly van die vloedwaters af.

Ontruim die vloedgebied so gou as moontlik en ontbied hulp van die Ramp Bestuurssentrum by 017 801 3400, 079 503 6729 of 079 503 5484.

Sorg dat voertuie onderdak of binne in ’n motorhuis geparkeer is om skade te voorkom.

Related Articles

Back to top button