Marie groet Laerskool Ermelo na 41 jaar

Marie is baie lief vir bak en brou en gaan nou eers vir ’n rukkie huisvrou speel totdat Dawie aan die einde van aanstaande jaar aftree.

Me. Marie du Preez tree vandeesweek af na 41 jaar van skoolhou by Laerskool Ermelo.

Marie is in die destydse Wes-Transvaal gebore en het haar laerskoolloopbaan by ’n plaasskool, London Laerskool, voltooi waarna sy hoërskool toe is in Schweizer-Renecke.

Vandaar is sy na die Potchefstroomse Onderwys Kollege waar sy ook haar man, Dawie, ontmoet het.

Hulle is ’n jaar later getroud.

Sy het een jaar aan Laerskool Koster skoolgehou voor hulle na Ermelo verhuis het.

Hulle woon nou al 41 jaar op Ermelo en is ook 41 jaar getroud.

Toe hulle vyf maande getroud was, is Dawie opgeroep vir mililtêre diens en Marie het gesê dit het hul huwelik net sterker gemaak.

Twee kinders is uit hul huwelik gebore.

Diana is ook ’n onderwyser en Phillip ’n dokter.

Sy het reeds ’n kleinseun en haar kleindogter maak in Desember haar opwagting.

Marie het gesê dat in die 41 jaar wat sy by die skool was, sy onder vyf hoofde gedien het.

Sy is baie lief vir haar gr. 2 kinders en as sy haar lewe kon oorhê, sou sy weer vir die gr. 2 leerlinge by Laerskool Ermelo skoolhou.

Die personeel, kinders, beheerliggame en ouers was net goed vir haar en het altyd hulle volle samewerking gegee waarvoor sy hulle bedank het.

Sy voel ook dat sy geseënd is met goeie gesondheid sodat sy haar werk getrou kon doen en dank haar Hemelse Vader daarvoor.

Marie is baie lief vir bak en brou en gaan nou eers vir ’n rukkie huisvrou speel totdat Dawie aan die einde van aanstaande jaar aftree.

Dan gaan hulle bietjie toer en ons land beter leer ken.

Sy het ook die hoof en personeel vir al hul liefde en ondersteuning deur die jare bedank en volgens haar sou sy nie sonder haar gesin se ondersteuning so ’n sukses van haar werk kon maak nie.

Die skoolhoof, mnr. Roelof Ferreira, het bygevoeg dat Marie ’n baie lojale onderwyser was en dat die ouers en kinders baie lief vir haar was.

Hy het haar alle sterkte toegewens vir haar aftrede.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version