NewsSchools

Kersboodskap – Hoof EHS

2017 is ’n geseënde jaar vir die EHS.

Wanneer ’n mens terugkyk op ’n jaar wat vinniger beweeg het as wat jy graag sou wou hê, is daar baie plekke, geleenthede en mense by wie jy dalk net weer vir ’n oomblik sou wou stilstaan.

Die rede: dit was ’n besondere oomblik, óf dit is iemand om wie se skouer jy dalk jou arm wil sit, óf iemand wie se hand jy dalk net weer wou skud.

Dankbaarheid is dié emosie wat vooropstaan.

2017 is ’n geseënde jaar vir die EHS.

Daar is soveel bewyse van ontelbare seëninge – die veilige reise van vele Erries, die mooi prestasies, suksesse in die klasse, wonderlike geleenthede en mense wat vir mekaar omgee sonder ophou.

Ons kan nie anders as om vir die hele Ermelo-gemeenskap dankie te sê vir al hul insette in ons skool nie.

Dankie vir verbintenisse oor jare en dat jul ons steeds ondersteun.

Ons dank gaan ook aan die beheerliggaam en ons Errie-ouers – julle is die staatmakers wat baie dinge moontlik maak vir die kinders van ons skool.

Ons waardeer julle werklik.

Met die naderende einde van die jaar is ons weer opnuut bewus van die wonder van Kersfees.

Mag ons almal soos die sterrekykers van ouds na die Bron van Lig gelei word.

Mag ons soos die engele ook boodskappers van die goeie word.

‘n Gelukkige Kersfees vir almal en mag ons Vader elkeen van ons seën.

Ons wens vir almal is: Immanuel… God met ons.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button