Local newsNews

Solidariteit reik Helpende Hand uit

Dalk ken jy ’n bejaarde wat baie graag vir sy of haar familie wil gaan kuier, maar nie ’n buskaartjie kan bekostig nie.

Dit is byna Kersfees en Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga-streek wil mense se Kerswense bewaarheid.

Vanaf 15 November tot 15 Desember kan mense iemand nomineer om ’n wens waar te maak.

Daar sal oor die volgende 30 dae 30 wense ter waarde van R1 000 elk gekies word.

Dalk ken jy ’n bejaarde wat baie graag vir sy of haar familie wil gaan kuier, maar nie ’n buskaartjie kan bekostig nie.

Dalk weet jy van ’n kind wat ’n fiets benodig, maar die familie kan dit nie bybring nie, of ’n sopkombuis wat dringend nie-bederfbare voedselprodukte benodig of dalk ’n ouetehuis wat komberse vir hul inwoners wil gee.

“Hierdie is Helpende Hand se kans om terug te gee,” sê me. Alisha de Lange, streeksorganiseerder vir die Mpumalanga-streek.

“Ons het heel jaar mense gehelp wat in nood verkeer.

’Nou kry ons egter die geleentheid om mense se drome waar te maak wat ’n baie spesiale geleentheid is.”

Nomineer sommer dadelik iemand wat jy voel ’n Kerswens verdien, maar dit nie kan bekostig nie.

Mense wat genomineer word, moet in Mpumalanga woon en slegs versoeke wat per e-pos gestuur word aan alisha@helpendehand.co.za sal oorweeg word.

Vir meer inligting, skakel me. De Lange by 082 923 1438 of stuur ’n e-pos na alisha@helpendehand.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button